Vissie en Broodjie Ete

Vanaand om 19:00  herdenk ons die Donderdagaand net voordat Jesus verraai is.  Hy het saam met sy dissipels geëet en by dié geleentheid het Hy die nagmaal ingestel.
Ons het ook ‘n heerlike verrassing vir julle!  Ons onthul vanaand ‘n besonderse geskenk aan die gemeente wat ons aanbiddingsruimte ‘n nuwe dimensie gee!  Kom kyk gerus.
Hoe werk dit?   Elke gesin bring een of ander visgereg en ‘n interessante broodjie.  Ons sit dit alles op een tafel en dan eet ons mekaar se kos…. sodat almal kan voel hoe voel dit.  Bring asb ook jou eie eetgerei.  Daar gaan brood en wyn en druiwesap op die tafels wees vir die instelling van die nagmaal.
Julle is almal so welkom!