Sep 15, 2013
Ds. Karel – Soveel meer as net vir ons
Series: Oop Temas
Ons maak baie keer asof Jesus se verlossingswerk net oor ons en ons sondes en ons lewens gaan.  Kolossense 1 skets egter 'n baie groter prentjie oor die versoening wat Jesus kom bewerk het.  Hierdie prentjie het ook bepaalde implikasies vir die manier hoe ons in ons wêreld leef en hoe ons sy Voorbeeld navolg...
WatchNotesDownloadDateTitle
  • Sep 15, 2013Ds. Karel – Soveel meer as net vir ons
    Sep 15, 2013
    Ds. Karel – Soveel meer as net vir ons
    Series: Oop Temas
    Ons maak baie keer asof Jesus se verlossingswerk net oor ons en ons sondes en ons lewens gaan.  Kolossense 1 skets egter 'n baie groter prentjie oor die versoening wat Jesus kom bewerk het.  Hierdie prentjie het ook bepaalde implikasies vir die manier hoe ons in ons wêreld leef en hoe ons sy Voorbeeld navolg...
  • Sep 8, 2013Ds. Cornel – Mosterdsaadjies vir sy Koninkryk
    Sep 8, 2013
    Ds. Cornel – Mosterdsaadjies vir sy Koninkryk
    Series: Oop Temas
    Ons ken die gelykenis van die Mosterdsaadjie alte goed. Maar wat sê die Here regtig oor sy Koninkryk as Hy dit vergelyk met die mosterdsaadjie en die mosterdplant wat daaruit groei?  En wat sê dit oor ons opdrag binne in sy Koninkryk?
  • Aug 25, 2013Ds. Cornel – Saggeus se Boomklimlesse
    Aug 25, 2013
    Ds. Cornel – Saggeus se Boomklimlesse
    Series: Oop Temas
    Die verhaal van Saggeus is aan ons almal bekend en ons identifiseer nogal maklik met die kort mannetjie in die boom.  Daar lê egter 'n baie diep boodskap hierin opgesluit as ons kyk na hoe die Here Jesus hier optree - Hom moet ons as dissipels navolg... Sy Liefde, Sy manier.
  • Aug 18, 2013Ds. Cornel – Vrees vir die vyand?
    Aug 18, 2013
    Ds. Cornel – Vrees vir die vyand?
    Series: Vrees
    Daar is 'n vyand.  Maar baie keer gee ons hom baie meer mag as wat hom toekom. Wat kan hy doen en wat nie? Hoe moet ons dan maak?  Waar kom God in die prentjie in? Jesus het reeds die oorwinning behaal!  Getuig van sy Oorwinning en moenie bang wees nie!
  • Aug 11, 2013Ds. Cornel – Die Volle Wapenrusting
    Aug 11, 2013
    Ds. Cornel – Die Volle Wapenrusting
    Series: Vrees
    Hoe hanteer ons vrees?  Baie keer gebruik ons die een of ander Beskermingsmeganisme sodat ons nie meer hoef bang te wees nie.  Deur die jare se verduidelikings en illustrasies het ons so met die Wapenrusting ook begin maak en het ons fokus op die prentjie en die liedjie en die helm en die gordel en harnas en skild begin val.  Waaroor dit egter moet gaan, wat in ons harte moet leef is die Vryspraak, geloof, verlossing, die Woord, die Waardheid van Christus. Die volle wapenrusting, sodat ons Blye Boodskap met vrymoedigheid, sonder vrees kan verkondig.
  • Jul 28, 2013Ds. Karel – Vertrou op God en Groet jou Bure
    Jul 28, 2013
    Ds. Karel – Vertrou op God en Groet jou Bure
    Series: Vrees
    Daniël en sy vriende het vrees geken.  Hulle was in 'n vreemde land en blootgestel aan baie vreemde praktyke en gode.  Tog het hulle aangehou om op God te vertrou - op so manier dat hulle die Here daardeur geëer het en die mense rondom hulle se lewens aangeraak het. Ons leer iets skokkend oor Daniël wat vir ons iets dringend sê oor die manier hoe ons op die Here vertrou maar ook oor ons eie vrese vir vreemdes (en bekendes) rondom ons vir wie ons van God se liefde moet vertel...
  • Jul 21, 2013Ds. Nico Strydom – Geopende Deure
    Jul 21, 2013
    Ds. Nico Strydom – Geopende Deure
    Series: Vrees
    Ds Nico Strydom van Geopende Deure het by ons kom kuier.  Hy het ons vertel van die werk wat hulle doen en hoe ons die vervolgde kerk kan ondersteun.  Maar ook ons opgeroep om self ons vrese te oorkom en Jesus se liefde uit te dra in 'n wêreld vol vrees. Besoek gerus www.opendoors.org.za vir meer inligting.
  • Jun 16, 2013Ds Cornel – Die Vader se Voorbeeld
    Jun 16, 2013
    Ds Cornel – Die Vader se Voorbeeld
    Series: Oop Temas
    Om 'n pa te wees is 'n groot verantwoordelikheid.  Die Here openbaar Homself aan ons as ons Vader.  Hy stel vir ons die voorbeeld wat ons moet navolg en wat ons vir ons kinders moet stel.  Sy liefde, aanvaarding, genade, en sorg moet ons lei in ons verhouding met ons kinders en met elkeen wat ons pad kruis.
  • Jun 9, 2013Ds. Karel – Die rigting waarin ons buig
    Jun 9, 2013
    Ds. Karel – Die rigting waarin ons buig
    2 Konings 5 - Naäman word genees en kom tot bekering.  Hy begin om in 'n nuwe rigting te beweeg. Gehasi ken die Allerhoogste maar begin om in sy eie rigting te beweeg.  Waar bevind jy jouself? Voor wie buig jy?  In watter rigting is jy, op hierdie oomblik, besig om te groei - nader aan God alleen of verder van Hom af?
  • May 26, 2013Ds. Cornel – Prys die Here!
    May 26, 2013
    Ds. Cornel – Prys die Here!
    ORAL in die heelal moet die Here geprys word.  ALLES in die heelal moet die Here prys.  Die hele skepping prys die Here deur sy glorie te reflekteer.  Hoe prys jy die Here? “What is the one passion of your life that makes everything else look rubbish in comparison? Oh, that God would help me waken in you a single passion for a single great reality that would unleash you and set you free from small dreams and send you for the glory of Christ into all spheres of secular life and to all the peoples of the earth.” En hier is die link na die video wat ons Sondag gekyk het: http://www.youtube.com/watch?v=7zWKm-LZWm4