Oct 26, 2014
Ds. Cornel – Gegee vir ander
Is die dinge wat ons vir God en vir ander doen nie baie keer maar meer daarop gerig om seker te maak dat ons verhouding met God nog reg is nie, omdat ons darem met die regte goed besig is?  Moet ons nie eerder al hierdie dinge vir 'n ander rede doen nie - nie vir onsself en ons eie geestelike status nie, maar eerder werklik vir God en vir ander - sodat ander ook sy liefde en genade kan leerken? Nie meer net goeie 'Godsdienstiges' nie, maar yweringe 'Koninkryk-bouers'...
 
"20141026 Cornel Viljoen - Gegee vir ander". Released: 2014.
WatchNotesDownloadDateTitle
  • Oct 26, 2014Ds. Cornel – Gegee vir ander
    Oct 26, 2014
    Ds. Cornel – Gegee vir ander
    Is die dinge wat ons vir God en vir ander doen nie baie keer maar meer daarop gerig om seker te maak dat ons verhouding met God nog reg is nie, omdat ons darem met die regte goed besig is?  Moet ons nie eerder al hierdie dinge vir 'n ander rede doen nie - nie vir onsself en ons eie geestelike status nie, maar eerder werklik vir God en vir ander - sodat ander ook sy liefde en genade kan leerken? Nie meer net goeie 'Godsdienstiges' nie, maar yweringe 'Koninkryk-bouers'...
     
    "20141026 Cornel Viljoen - Gegee vir ander". Released: 2014.
  • Oct 19, 2014Ds. Karel – Gegee vir Mekaar
    Oct 19, 2014
    Ds. Karel – Gegee vir Mekaar
    Paulus spandeer 11 hoofstukke in Romeine om vir ons te vertel hoe groot God se genade is en dat ons nou klaar is met die wet.  Dan kom gee hy vir ons 'n nuwe lysie van dinge wat ons moet doen in Romeine 12.  Maar hierdie lysie is anders - dis nie 'n vooraf, vereiste lysie nie, maar eerder 'n agterna, dankbaarheids-lysie.  God se genade verander ons!  Dit verander ons so dat ons lewende offers vir Hom wil wees en ons doen dit juis deurdat ons gawes is wat vir mekaar gegee is - deur God se liefde teenoor mekaar uit te leef soos wat Romeine 12 dit beskryf.
     
    "20141019 Karel vd Westhuizen - Gegee vir Mekaar". Released: 2014.
  • Oct 12, 2014Ds. Karel – Gegee vir God EN vir mekaar
    Oct 12, 2014
    Ds. Karel – Gegee vir God EN vir mekaar
    Om Christus te ken verander ons. Hy vernuwe ons denke - om anders te dink as wat die wêreld dink, maar meer soos Hy, soos sy Voorbeeld te leef.  Hoe lyk lewende en heilige offers wat so leef? Hoe lyk jou Lofoffer dan?
  • Sep 28, 2014Ds. Karel – Wat dan van die Genade?
    Sep 28, 2014
    Ds. Karel – Wat dan van die Genade?
    In Matteus 21:23-32 daag die Here Jesus ons uit om "doeners" te wees en nie net "na-praters" nie. Wat is hierdie "doen" waarvan Hy hier praat...? En wat het dit met genade uit te waai...?
     
    "20140928 Karel vd Westhuizen - Wat dan van die Genade". Released: 2014.
  • Sep 21, 2014Ds Cornel – Onregverdige, Oneindige Genade
    Sep 21, 2014
    Ds Cornel – Onregverdige, Oneindige Genade
    Die Here Jesus vertel 'n gelykenis in Matteus 20 wat so bietjie ongemaklik op 'n mens se ore val. Maar dit vertel van sy genade - wat vir ons uit ons oogpunt soms onregverdig kan lyk, maar in werklikheid oneindig en sonder perk is.
     
    "20140921 Cornel Viljoen - Onregverdige Genade". Released: 2014.
  • Jun 15, 2014Ds. Karel – God is Liefde!
    Jun 15, 2014
    Ds. Karel – God is Liefde!

    Die feit dat God 'n Drie-Enige God is kan 'n baie akademiese saak word - daar is immers volumes op volumes daaroor geskryf en word nog geskryf!  Dit kom egter daarop neer dat God werklik Liefde IS.  Hierdie feit het drastiese implikasies vir ons eie geloofslewe omdat God ons nie nodig het vir sy eie gewin en dat dit die rede is waarom Hy ons geskep het nie.  Hy het ons geskep uit Liefde en nooi ons om deel te word van sy perfekte Liefdesverhouding en stuur ons ook die wêreld in om ander uit te nooi om deel daarvan te wees.  Luister vandag nog na hierdie boodskap!

  • Oct 27, 2013Ds. Karel – Lof op AL die plekke
    Oct 27, 2013
    Ds. Karel – Lof op AL die plekke
    Daar is sekere plekke in die lewe waar dit makliker is om die Here te loof as op ander.  Nie net plekke soos kerkgeboue nie, maar die plekke in ons lewens waar ons ons binne in verskillende omstandighede vind.  Psalm 103 vat ons na 'n paar van hierdie plekke toe en wys ook hoe ons die Here op AL die plekke moet loof!
  • Oct 13, 2013Ds. Cornel – Altyd iets om voor dankbaar te wees
    Oct 13, 2013
    Ds. Cornel – Altyd iets om voor dankbaar te wees
    Soos Jona raak ons maklik verstrengel in ons eie omstandighede.  Dan is daar soveel wat by ons verbygaan.  Ons kyk dit wat ons het mis, ons kyk God se genade mis, ons kyk sy groot plan mis.  Dalk moet ons 'n slag weer die "autopilot" af sit en ons oë oopmaak en elke oomblik die geskenk van die lewe geniet.  Daar is altyd, in elke omstandigheid, nog iets om voor dankbaar te wees...
  • Oct 6, 2013Ds. Karel – Klaag en Lof met dieselfde Letters
    Oct 6, 2013
    Ds. Karel – Klaag en Lof met dieselfde Letters
    Jeremia leer vir ons dat ons met dieselfde letters van die alfabet Klaag- en Lofliedere sing.  Dit is belangrik dat ons nie swaarkry en hartseer en pyn sal systap om daarvan af weg te vlug nie maar dat ons daar deur sal stoei en daardeur ook opnuut sal besef hoe die Here se liefde nooit ophou nie. Sy goedheid is elke môre nuut...
  • Sep 22, 2013Ds. Cornel – Monumente wat Getuig
    Sep 22, 2013
    Ds. Cornel – Monumente wat Getuig
    Series: Oop Temas
    Toe die volk Israel deur die Jordaan getrek het moes hulle 'n monument daar bou wat hulle herinner het aan wat daar gebeur het en wat vertel het van die glorie en die krag van God.  Hoe lyk sulke monumente vandag? Is daar nog van hulle? Moet ons nie deur die manier hoe ons oor God getuig self sulke monumente word wat nie in 'n muur vasgemessel kan word nie...?