May 10, 2015
Ds. Karel – Vreeslose Liefde
Series: Oop Temas
Die kernboodskap van 1 Johannes, bestaan uit twee basiese elemente: Liefde vir God - dis die vertikale verhouding en liefde vir mense - dis die horisontale verhouding. Dit is hierdie horisontale verhouding waarmee ons partykeer sukkel en dit gewoonlik a.g.v. vrees vir dit wat anders en vreemd vir ons is.  Hoe maak ons met hierdie vrees?  Waar staan liefde teenoor dit wat anders is as dit waarmee ons gemaklik is?
WatchNotesDownloadDateTitle
  • May 10, 2015Ds. Karel – Vreeslose Liefde
    May 10, 2015
    Ds. Karel – Vreeslose Liefde
    Series: Oop Temas
    Die kernboodskap van 1 Johannes, bestaan uit twee basiese elemente: Liefde vir God - dis die vertikale verhouding en liefde vir mense - dis die horisontale verhouding. Dit is hierdie horisontale verhouding waarmee ons partykeer sukkel en dit gewoonlik a.g.v. vrees vir dit wat anders en vreemd vir ons is.  Hoe maak ons met hierdie vrees?  Waar staan liefde teenoor dit wat anders is as dit waarmee ons gemaklik is?
  • Mar 22, 2015Ds. Cornel – Die Nuwe Verbond
    Mar 22, 2015
    Ds. Cornel – Die Nuwe Verbond
    Series: Oop Temas
    Die Nuwe Verbond wat God met sy kinders sluit is 'n nuwer, beter weergawe van dieselfde belofte wat die Here deur al die eeue maak!  God is getrou. Sy liefde is oneindig.
  • Mar 8, 2015Ds. Karel – Tien Woorde
    Mar 8, 2015
    Ds. Karel – Tien Woorde
    Series: Oop Temas
    Ons wil baie keer die Tien Gebooie voorhou as 'n voorwaarde vir God se Liefde. Die realiteit is egter dat God se genade groter is as die Wet.  Dit behoort ons egter meer aan te spoor om uit dankbaarheid volgens die Tien Gebooie te leef - om Kerk te WEES en Liefde te leef eerder as om net 'n klomp wette na te kom om God te probeer beïndruk.
  • Mar 1, 2015Ds. Pieter Viljoen – Lojaliteit aan Jesus
    Mar 1, 2015
    Ds. Pieter Viljoen – Lojaliteit aan Jesus
    Series: Oop Temas
    Net wanneer die dissipels besef dat Jesus waarlik die langverwagte Messias is, gee Hy vir hulle slegte nuus - nuus wat hulle nie noodwendig wou hoor nie... Hoe lojaal is jy aan Jesus?  Neem jy daagliks jou kruis op om Hom te volg? Is dit wie jy IS? Kan jy ALLES gee soos wat Hy alles gegee het?
  • Feb 22, 2015Ds. Karel – Drie Versoekings
    Feb 22, 2015
    Ds. Karel – Drie Versoekings
    Series: Oop Temas
    Jesus se versoeking in die woestyn, soos Markus dit in sy evangelie beskryf, het baie meer te doen met die Kerk vandag as wat ons altyd sou wou erken...
  • Feb 15, 2015Ds. Karel – Nagmaal: Vreugdefees en Geskenk
    Feb 15, 2015
    Ds. Karel – Nagmaal: Vreugdefees en Geskenk
    Series: Oop Temas
    Die Nagmaal herinner ons aan die grootste Geskenk ooit en is 'n vreugdefees waarmee ons daardie Geskenk kan vier - dat ons in Christus kinders van God kan wees! Ons het Sondag aan tafel gesit as geestelike familie en as gesinne saam Nagmaal gebruik.  Ds. Karel het spesiaal vir die kinders ook die betekenis van die Nagmaal verduidelik.  Luister gerus.
  • Feb 8, 2015Ds. Karel – Opgewek om te Dien
    Feb 8, 2015
    Ds. Karel – Opgewek om te Dien
    Series: Oop Temas
    As ons die verhaal lees van Jesus wat Petrus se skoonma gesondmaak het en sy dadelik opstaan en die mense bedien, kan dit vir ons vreemd klink.  Ons kan maklik wonder of daar nie eerder iets anders na hierdie wonderwerk moes gebeur het nie...  Maar dalk sê dit juis iets oor die manier hoe ons, soos Jesus, moet dien en wat Hy in ons wakker maak...
  • Jan 25, 2015Ds. Karel – Vissers van Mense
    Jan 25, 2015
    Ds. Karel – Vissers van Mense
    Series: Oop Temas
    As Jesus sy dissipels roep om Hom te volg is daar bietjie meer aan die gang as net die dissipels se amper 'blinde' opoffering om alles te los en agter Jesus aan te gaan.  Dit is die lewende God wat hier praat, wat roep.  Dissipel van Jesus, Vissers van Mense is nie net 'n eksterne beskrywing van wat hulle doen nie, maar word wie hulle is - beskryf hulle identiteit.  Hoe verander dit ons eie verstaan van hoe die Here ons roep en hoe ons, sy Kerk, ons roeping uitleef....?
  • Jan 18, 2015Ds. Karel – Oor Offergawes en Gemeentebydraes
    Jan 18, 2015
    Ds. Karel – Oor Offergawes en Gemeentebydraes
    Series: Oop Temas
    Die nuwe jaar het op 'n gespanne, maar uiters belangrike noot afgeskop.  Ons het Sondag so bietjie gesels oor ons Gemeente Finansies, ons eie verantwoordelikheid en wat die toekoms als inhou.  Ds. Karel het uit die Woord vir ons behoorlik en deeglik iets nuuts kom leer oor hoe ons offergawes en gemeentebydraes behoort te werk.  Luister gerus!
  • Nov 2, 2014Ds. Cornel – Belydenisaflegging 2014
    Nov 2, 2014
    Ds. Cornel – Belydenisaflegging 2014
    Series: Oop Temas
    Ons het die voorreg gehad om Sondag 2 November 2014 getuies te wees toe 48 jongmense openbare belydenis van geloof afgelê het.  Die tema vir Sondag was "Veldbrand" wat ook ons Jaartema vir 2014 was.  Ons het die Beste Nuus in die wêreld en ons moet dit versprei soos 'n Veldbrand!!