Jan 17, 2016
Ds. Cornel – Water word Wyn
Johannes 2 vertel die verhaal van Jesus se eerste wonderteken.  'n Wonderwerk wat 'n teken was van die verandering van die wêreld - Die Messias het gekom! Is jy opsoek na 'n teken?
WatchNotesDownloadDateTitle
  • Jan 17, 2016Ds. Cornel – Water word Wyn
    Jan 17, 2016
    Ds. Cornel – Water word Wyn
    Johannes 2 vertel die verhaal van Jesus se eerste wonderteken.  'n Wonderwerk wat 'n teken was van die verandering van die wêreld - Die Messias het gekom! Is jy opsoek na 'n teken?
  • Jan 10, 2016Ds. Karel – ‘n Moeilike Toebroodjie
    Jan 10, 2016
    Ds. Karel – ‘n Moeilike Toebroodjie
    Lukas hou van toebroodjies maak, of eerder skryf.  Een paragraaf kan binne in 'n klomp ander tekste toegevou wees en as jy die hele toebroodjie lees dan sien jy hoe meesterlik hy geskryf het en verstaan mens beter iets van die diepte van dit waaroor hy praat.  Maar hierdie is nie 'n maklike toebroodjie om te eet nie, omdat dit iets van ons verwag - dit verwag dat ons uit ons gemaksone, oor grense moet gaan met God se liefde...
  • Nov 22, 2015Ds. Karel – Bly Kalm en Weet die Triomf is Seker
    Nov 22, 2015
    Ds. Karel – Bly Kalm en Weet die Triomf is Seker
    In Markus 13 gee die Here Jesus vir ons 'n troos boodskap dat sy triomftog oppad is.  Dit bring egter ook 'n oproep dat ons intussen getuies moet wees van Jesus se kruis en hoe daardie getuienis moet lyk.  Luister gerus as jy graag hierdie hoofstuk van die Evangelie van Markus beter wil verstaan.
  • Nov 15, 2015Dr. Anton Jordaan – Sekerheid kom van buite
    Nov 15, 2015
    Dr. Anton Jordaan – Sekerheid kom van buite
    1 Petrus 1:1-9 beskryf gee vir ons hoop en sekerheid in tye van twyfel.  Ons sekerheid lê buite onsself in Jesus Christus!  Luister gerus as jy meer wil weet.
  • Nov 8, 2015Ds. Pieter Viljoen – ‘n Huldeblyk aan Boas
    Nov 8, 2015
    Ds. Pieter Viljoen – ‘n Huldeblyk aan Boas
    In die verhaal van Rut wys Boas hoe God se liefde werk.  Ds. Pieter vertel die storie uit die mond van Boas se seun, Obed, by Boas se begrafnis en in die proses leer ons hoe God se liefde anders is.
  • Oct 18, 2015Ds. Peter Malan – Helplift
    Oct 18, 2015
    Ds. Peter Malan – Helplift
    Ds. Peter Malan van Helplift het by ons kom kuier.  Luister gerus om meer uit te vind oor hoe dit werk en hoe jy jou gawes, passie, jouself kan bring om daarby betrokke te raak en so die Koninkryk te help bou.
  • Oct 11, 2015Ds. Cornel – Opsoek na Hoop
    Oct 11, 2015
    Ds. Cornel – Opsoek na Hoop
    Waar gaan soek ons hoop? Met wie praat ons eerste as ons lewens-beker leeg is of stukkend op die vloer lê? Job sit op die ashoop, maar anders as sy vroom vriende praat hy nie net oor God en probeer maak of hy God se denke verstaan nie. Hy worstel met God, praat direk met God, hou vas aan God.  Bring jou beker na die Waterval toe...
     
    "20151011 Cornel Viljoen - Opsoek na Hoop". Released: 2015.
  • Oct 4, 2015Ds. Pieter Viljoen – Glo soos ‘n kind
    Oct 4, 2015
    Ds. Pieter Viljoen – Glo soos ‘n kind
    Om te "Glo soos 'n kind" is 'n frase wat mense gereeld gebruik.  Maar wat beteken dit regtig?
  • Sep 27, 2015Ds. Cornel – Gemeente wat God se liefde leef
    Sep 27, 2015
    Ds. Cornel – Gemeente wat God se liefde leef
    Jakobus praat in sy 5de hoofstuk ernstig oor gebed.  Maar ons moenie die oproep tot ware gemeentewees in sy woorde miskyk nie...
     
    "20150927 Cornel Viljoen - Gemeente wat God se liefde leef". Released: 2015.
  • Sep 20, 2015Ds. Cornel – Hemelse Wysheid
    Sep 20, 2015
    Ds. Cornel – Hemelse Wysheid
    Jakobus praat oor die oeroue kwessie: Hemelse wysheid vs. Aardse wysheid.  Selfloosheid vs. Selfsugtigheid.  Om die Here te dien, dit is wysheid
     
    "20150920 Cornel Viljoen - Hemelse Wysheid". Released: 2015.