Feb 5, 2017
Ds. Pieter – Ruik n Blom
Die lewe is 'n reis, 'n journey, en nie 'n resies nie. Tog hardloop ons saam in die resies en probeer die wenpaal haal.  Dan kyk ons alles langs die pad mis. Daar is lewe aan die ander kant, maar daar is juis ook lewe aan hierdie kant, nou, waarvoor die Here ons vrymaak.  Verlustig jou in die Here!
WatchNotesDownloadDateTitle
  • Feb 5, 2017Ds. Pieter – Ruik n Blom
    Feb 5, 2017
    Ds. Pieter – Ruik n Blom
    Die lewe is 'n reis, 'n journey, en nie 'n resies nie. Tog hardloop ons saam in die resies en probeer die wenpaal haal.  Dan kyk ons alles langs die pad mis. Daar is lewe aan die ander kant, maar daar is juis ook lewe aan hierdie kant, nou, waarvoor die Here ons vrymaak.  Verlustig jou in die Here!
  • Jan 22, 2017Ds. Pieter – Buig jou Knieë
    Jan 22, 2017
    Ds. Pieter – Buig jou Knieë
    Die bedieninge in ons gemeente kry nuwe rigting.  Hierdie boodskap is die begin van 'n reeks waarin ons nadink oor hoe ons visie van Anders Leef in die praktyk van ons gemeentewees uitdrukking vind. Ons is opgewonde om hierdie reis saam met jou aan te pak en wil jou uitnooi om te kom deelneem! 
     
    Vandag se boodskap handel oor Psalm 148 en stel ons elkeen voor die vraag: Waarom moet ons die Here prys?
     
    Waarom prys jy die Here?
  • Nov 6, 2016Ds. Cornel – Belydenisaflegging 2016
    Nov 6, 2016
    Ds. Cornel – Belydenisaflegging 2016
    Op 6 November het 28 jongmense openbare belydenis van geloof afgelê en getuig dat Jesus hulle Koning is!
  • Oct 30, 2016Ds. Cornel – My Lewe ‘n Dankpsalm
    Oct 30, 2016
    Ds. Cornel – My Lewe ‘n Dankpsalm
    Lofofferfees 2016! Psalm 100 is 'n Lofofferpsalm wat ons oproep om die Here te loof en te eer met ons hele lewens. Hy is God en Hy is goed!
  • Oct 23, 2016Ds. Cornel – As alles verander…
    Oct 23, 2016
    Ds. Cornel – As alles verander…
    Die kortste Psalm in die Bybel het 'n kragtige Boodskap wat ons nooit moet vergeet nie. Dat God se liefde nooit ophou nie! As alles verander, bly een ding konstant: God se troue liefde!
  • Oct 16, 2016Ds. Pieter – Dit is die HERE wat dit doen!
    Oct 16, 2016
    Ds. Pieter – Dit is die HERE wat dit doen!
    Psalm 118 praat van die oneindige liefde en sorg van die Here.  Dit bevestig ook dat dit die Here is, ons Here, God bo alle ander sodanige gode, wat ons red uit ons nood. Dit is die HERE wat dit doen!
  • Oct 9, 2016Ds. Cornel – Hoe kan ek die Here vergoed?
    Oct 9, 2016
    Ds. Cornel – Hoe kan ek die Here vergoed?
    In Psalm 116 vra die Psalmdigter homself af: "Hoe kan ek die Here vergoed vir al sy goeie dade aan my?"  Wat is jou antwoord op hierdie vraag? Die Psalmdigter gee ook sy antwoord - hoe stem ons lewens, ons dank en lof daarmee ooreen?
  • Sep 25, 2016Ds. Karel – Om Hemel op aarde in te oefen
    Sep 25, 2016
    Ds. Karel – Om Hemel op aarde in te oefen
    Series: Timoteus
    Ds. Karel se Afskeidsboodskap op 25 September 2016. Om anders te leef beteken om ook hier op aarde alreeds vir die mense wat ons paaie kruis iets van God se liefde, van die hemel te laat proe. Dit kom egter nie maklik nie, en vra selfopoffering. Dit kom ook nie sommer vanself nie en van inoefening...
     
  • Sep 18, 2016Ds. Karel – Jesus: Middelaar tussen hemel en aarde
    Sep 18, 2016
    Ds. Karel – Jesus: Middelaar tussen hemel en aarde
    Series: Timoteus
    Wat is die hemel vir jou? Is dit bloot net die vermyding van die hel of gaan dit oor jou verhouding met God?
  • Sep 11, 2016Ds. Karel – Sondaars geroep om die hemel te bedien op aarde
    Sep 11, 2016
    Ds. Karel – Sondaars geroep om die hemel te bedien op aarde
    Series: Timoteus
    Ons is almal sondaars.  Maar die Goeie Nuus is dat daar vir ons genade is in Jesus Christus. Genade is wanneer die grootste van sondaars beleef dat God geduldig is met hom en hom 'n voorbeeld maak vir ander gelowiges.  Wat anders is dit as 'n bietjie hemel op aarde?  Ons word elkeen geroep om bedienaars van genade te wees.  Om bedienaars van die hemel hier op aarde te wees.