Aug 9, 2015
Ds. Cornel – God is in Beheer
Series: Oop Temas
Jesaja 45 vertel die verhaal van hoe God selfs die ongelowige koning van Persië kan stuur ter wille van sy kinders en sy Eer en Glorie.  God is in beheer!
WatchNotesDownloadDateTitle
  • Aug 9, 2015Ds. Cornel – God is in Beheer
    Aug 9, 2015
    Ds. Cornel – God is in Beheer
    Series: Oop Temas
    Jesaja 45 vertel die verhaal van hoe God selfs die ongelowige koning van Persië kan stuur ter wille van sy kinders en sy Eer en Glorie.  God is in beheer!
  • Aug 2, 2015Ds. Karel – Om gevorm te word
    Aug 2, 2015
    Ds. Karel – Om gevorm te word
    Series: Oop Temas

    Ons is hier om gevorm te word deur die goeie nuus dat God ons oneindig liefhet.  Selfs wanneer daar regtig slegte dinge met ons gebeur vorm hierdie liefde ons om innerlik sterk te word, sodat ons in liefde gewortel is.

  • Jul 26, 2015Ds. Karel – Nader
    Jul 26, 2015
    Ds. Karel – Nader
    Series: Oop Temas
    Wanneer ons besef dat ons eintlik maar net dit het wat ons ontvang het om aan ander uit te deel en met daardie gesindheid nader aan mense beweeg kan die wêreld regtig verander...
  • Jul 5, 2015Ds Karel – ‘n Doring in die vlees
    Jul 5, 2015
    Ds Karel – ‘n Doring in die vlees
    Series: Oop Temas
    ['n Kort greep van 3 minute uit 'n video-opname van hierdie boodskap is op Youtube gelaai by http://youtu.be/2490bjiBb10  | Vir dieper-delwers: die preeknotas bevat iets meer as die klankopname - sien spesifiek die voetnotas in die PDF-dokument wat oopgemaak kan word deur te klik op Notes.] Paulus se doring in die vlees, waarvan hy praat in 2 Kor 12:2-10, is die kersie op die koek van sy swakheid. Dis egter juis in jou en my swakheid, waar God kom tabernakel; Jesus maak sy heilige woning in ons swakheid! En juis hierdeur word God verheerlik. Daarom sal ons oor niks anders roem as oor ons swakhede nie!
  • Jun 7, 2015Ds. Cornel – Die Werklike Werklikheid
    Jun 7, 2015
    Ds. Cornel – Die Werklike Werklikheid
    Series: Oop Temas
    Baie keer kyk ons vas in die muur van die sigbare werklikheid, maar die Here se liefde nooi ons uit om oor die muur te kyk en met geloofsoë die werklike werklikheid te sien - sy heerlikheid, sy heerskappy, die ewigheid.
  • May 24, 2015Ds Karel – Net God gee weer lewe aan droë bene
    May 24, 2015
    Ds Karel – Net God gee weer lewe aan droë bene
    Series: Oop Temas
    Esegiël 37:3-4 "Mens, kan daar in hierdie bene eer lewe kom?" Ek het geantwoord: "Here my God, dit weet net U."
     
    "Kom Skeppergees, maak my nuut, kom vernuwe ons - vernuwe die ganse skepping - want self kan ons nie!"
  • May 10, 2015Ds. Karel – Vreeslose Liefde
    May 10, 2015
    Ds. Karel – Vreeslose Liefde
    Series: Oop Temas
    Die kernboodskap van 1 Johannes, bestaan uit twee basiese elemente: Liefde vir God - dis die vertikale verhouding en liefde vir mense - dis die horisontale verhouding. Dit is hierdie horisontale verhouding waarmee ons partykeer sukkel en dit gewoonlik a.g.v. vrees vir dit wat anders en vreemd vir ons is.  Hoe maak ons met hierdie vrees?  Waar staan liefde teenoor dit wat anders is as dit waarmee ons gemaklik is?
  • Mar 22, 2015Ds. Cornel – Die Nuwe Verbond
    Mar 22, 2015
    Ds. Cornel – Die Nuwe Verbond
    Series: Oop Temas
    Die Nuwe Verbond wat God met sy kinders sluit is 'n nuwer, beter weergawe van dieselfde belofte wat die Here deur al die eeue maak!  God is getrou. Sy liefde is oneindig.
  • Mar 8, 2015Ds. Karel – Tien Woorde
    Mar 8, 2015
    Ds. Karel – Tien Woorde
    Series: Oop Temas
    Ons wil baie keer die Tien Gebooie voorhou as 'n voorwaarde vir God se Liefde. Die realiteit is egter dat God se genade groter is as die Wet.  Dit behoort ons egter meer aan te spoor om uit dankbaarheid volgens die Tien Gebooie te leef - om Kerk te WEES en Liefde te leef eerder as om net 'n klomp wette na te kom om God te probeer beïndruk.
  • Mar 1, 2015Ds. Pieter Viljoen – Lojaliteit aan Jesus
    Mar 1, 2015
    Ds. Pieter Viljoen – Lojaliteit aan Jesus
    Series: Oop Temas
    Net wanneer die dissipels besef dat Jesus waarlik die langverwagte Messias is, gee Hy vir hulle slegte nuus - nuus wat hulle nie noodwendig wou hoor nie... Hoe lojaal is jy aan Jesus?  Neem jy daagliks jou kruis op om Hom te volg? Is dit wie jy IS? Kan jy ALLES gee soos wat Hy alles gegee het?