Romantiese Musiekaand Uitgestel…

Aggenee… Ons kon nog nie genoeg kaartjies verkoop kry vir Saterdag nie, en het besluit ons stel dit uit na ‘n volgende datum.  As ons vir die klompie mense wat reeds kaartjies gekoop het die geleentheid laat aangaan gaan ons teen ‘n verlies werk en dit sal op hierdie stadium bietjie van ‘n ramp wees.  Maar moenie stres kap nie. Iewers vorentoe doen ons dit dit GROOT.
Ons wil julle nou nie onder druk plaas en julle verplig of dit op julle probeer afdwing nie maar as jy voel jy moet jou kaartjie se geld terugvat kan jy Sondag met Nicolene in die kantoor gaan praat.  Sy sal vir jou die 234 vorms gee wat jy in triplikaat moet invul en dan sal ons al die aansoeke verwerk en na so 3 jaar vir jou terugvoer gee per poskantoorpos en dan kan ons besluit oor ‘n datum waarop ons die geeld aan jou sal begin terugbetaal….  Nee ek speel!! Julle kan die geld Sondag by Nicolene kry.