Romantiese Musiekaand en Barnyard-ete

Saterdagaand 2 Maart hou ons ‘n Romantiese-Musiek-en-Kaas-en-Wyn- aand.  Ons het pragtige jong sangers wat romantiese liedere gaan sing en ons gaan lekker kuier. Daar sal kaas en wyn en allerlei beskuitjies en ander eetgoedjies op die tafels wees.  Die eintlike ete kom egter uit elkeen se eie piekniekmandjie wat jy saambring… soos by ‘n “Barnyard”.  Jy mag jou mandjie se inhoud ook met ander deel sodat jy ook van hulle lekker kos kan afrokkel!
Die Romantiese kaas en wyn -aand begin 18:30 in die kerksaal.  Die kerkgebou is geleë in Doornpoort by Baobab Straat 841.
Kaartjies is beskikbaar by die kerkkantoor.  Skakel vir Nicolene by 012 547 1456. Die kaartjies kos R90 per persoon. En Maak asb gou want ons moet teen Woensdag weet vir hoeveel mense ons moet regmaak!