PRETDRAFFIE!

Doornpoort Gemeente het Saterdag 2 Maart 2019 ‘n heerlike besige dag! 

Ons begin die oggend 07:00 met ‘n pretdraf.  Daar is ‘n 5 km afstand waarvoor die inskrywings R40 per persoon is en dan ook ‘n 10 km afstand waarvoor jou inskrywing R50 per persoon sal kos.  Mense kan van 06:00 reeds kom inskryf.  Daar sal koffie en pannekoek en “brekkie-buns” te koop wees voor en na die pretdraf.  Bring jou buurman saam dan hardloop jy vir hom weg dan dink jou vrou jy is koel!
Die pretdraf se begin- en eindpunt is by die kerkgebou in Baobab Straat 841, Doornpoort.