Pretdraf/Fun Run

Dis vir my een van die beste oksimorons wat mense uitgedink het: PRET-DRAF, of in Engels FUN-RUN. Wat se pret is daar nou in draf? Dit klink vir my meer na inspanning en harde werk!  Maar nou ja… dis maar net my mening.  Daar is ‘n hele wêreld van mense wat anders dink as ek.  Soos jy wat hier lees byvoorbeeld.  Ek weet jy is lus vir ‘n 5 km stappie of draffie of vir ‘n 10 km en ons nooi jou uit om Saterdag 2 Maart te kom deelneem aan ons pretdraf hier by Doornpoort Gemeente. Kom skryf in van so 06:00 af.  Ons (ek bedoel julle) spring weg om 07:00.  Elke deelnemer wat die roete voltooi kry ‘n medalje.  Die 5 km se inskrywingsfooi is R40 en die 10 km sal jou R50 kos.
Daar sal van vroeg af, en na die wedloop, koffie en koeldrank en pannekoek en Brecky-Buns te koop wees. 
Kom daag jou vriende (én vyande) uit en hardloop vir hulle weg en dan kom kuier ons lekker saam… dit kan ek ten minste goed doen!
Pieter Viljoen