Paasnaweek-Program

Donderdag 19:00 – Vissie en Broodjie Ete
 
Vrydag – “Wees stil en weet Ek is die Heer” –  Elkeen en elke gesin tuis of waar julle ookal kan.
 
Saterdag – Swart Saterdag – Ons het die kapél voorberei sodat daar ‘n atmosfeer is waar jy kan kom stil word en onthou dat die HERE van die heelal sy lewe vir jou gegee het en in ‘n graf gelê het.  Die kerk sal oop wees van 07:00 af tot 12:00
 
Sondag  –     06:00  Gesamentlike ontbyt…  Ons bring elkeen vir ons stoele en ‘n piekniekmandjie met ‘n heerlike ,(of as jy moet, ‘n gesonde) ontbyt.  Ons kuier buite die kerk onder die bome en kyk hoe die son opkom.  Daarmee onthou ons die OPSTANDING van Jesus wat vroeg die Sondagoggend plaasgevind het.
07:00  –  OPSTANDINGSFEES  Ons vier dan saam die opstanding van Jesus met ons Erediens.
 
Neem tog kennis van die tyd van die erediens.  Dit is 07:00 en nie 09:00 soos gewoonlik nie!