Hardloop!!!!

Die feit dat die Romantiese Musiekaand met kaas en wyn uitgestel is, beteken nou nie jy gaan die hardloop vryspring nie!  (Jy sien hard-loop pas bymekaar!  Om so baie te loop sonder dat iemand jou jaag is hard!) Pret-draf is belaglik! Ha ha ha ha ha….
Nee ou maat!  Saterdag-oggend 7 uur klap die skoot en dan hardloop julle (Net nie ek nie want ek moet die pannekoek en die brekkie-buns en die koffie en die koeldrank oppas!)
Inskrywings gebeur van 06:00 af en dan kan jy al koffie drink en pannekoek eet.  Dan staan jy bietjie rond tot 07:00 en terwyl jy rondstaan drink jy koffie en jy eet jou eerste brekkie-bun.   Dan koop jy jou tweede brekkie-bun vir die pad en na die wegspring loop en eet jy jou brekkie-bun (of 2 pannekoeke) op die pad.  Moet asb net nie die papiere langs die pad weggoi nie… soek ‘n asblik
Die ouens wat nou nie gaan hardloop nie kry hopelik nou ook die idee dat julle baie welkom is om vroeg hier by die kerk te kom brekfis eet.  Jy hoef nie eers hardloopskoene aan te trek nie!  Sien julle!!