Aand van Kaas en romantiese Musiek en Wyn

Wanneer?    Saterdagaand 2 Maart 2019. om 18:30
‘n Heerlike aand van kuier en luister na romantiese songs, en, o ja… ook lekker eet.  Ons gaan KAAS en WYN en “snacks” doen en dan gaan ons in ‘n tipiese “Barn Yard”styl ons eie piekniekmandjie eet…. ek bedoel die kos in die mandjie…he he he he … 
Ons het ‘n hele aantal kunstenaars wat mooi romantiese liefdesliedere gaan sing om ‘n lekker atmosfeer te skep.  Ons sal tafels hê met kaas en snacks en wyn.  Jy mag asb ook jou eie wyn bring want dalk sit jy nie jou mond aan die wyn wat ons gaan dek nie. 
Wat moet jy saambring? Jou Piekniekmandjie met die kos vir almal wat jy saam met jou bring.  Jou eie eetgerei en wynglase. As jy jou eie smart wyn verkies bring jy dit saam.   En  jou geliefde! 
 
Wat kos dit?  Dit gaan jou R90 per persoon uit die sak jaag.  Dit sluit die vermaak en die kaas en ‘snacks’ en wyn in.  Die saamwees en koinonia is verniet… al is dit die items met die hoogste waarde…
 
Kontak asb vir Nicolene as jy kaartjies wil hê:  Kantoor 012 547 1456