|
Die aksie het ten doel om gelowiges toe te rus om daagliks met groter toewyding en insig volgens die Woord van die Here te lewe. Verskillende kursusse word deur die loop van die jaar op Woensdagaande aangebied. Die Bybelskool se program word in die afkondigings geplaas.
Die verskillende kursusse word Woensdae om 19:00 tot 20:30 aangebied. Die kleiner kursusse vind in die konferensiekamer plaas terwyl die groter kursusse in die saal aangebied word. Belangstellendes word vriendelik versoek om hulle name aan die kerkkantoor deur te gee. Huweliksverryking Die kursus is daarop gemik om ons huweliksverhoudings te verdiep en te verster.
Positiewe ouerskap Die baie praktiese kursus gee insig en raad oor hoe om kinders in die moderne węreld groot te maak. Aanbieder: Ds. Jampie Nel.
|