|
Ten diepste is 'n visie 'n blik op God self, en wat Hy kan en wil doen. Na aanleiding van Hebr. 11:27 is dit om die onsienlike God se werk onder ons te sien en om met Hom saam te werk in die uitvoering daarvan. 'n Gemeentevisie verskaf sowel die bestaansrede vir 'n gemeente, as die doel wat dit moet najaag. Alles wat 'n gemeente aanpak moet dus daaraan gemeet word.
|