|
Lidmate word benodig wat bereid is om een maal per week hul huise vir die tuisgroepbyeenkomste beskikbaar te stel. Jy hoef nie 'n Bybelkenner te wees nie. Al wat God vra, is 'n gewillige hart en die bereidheid om gesprekke te lei. Verseker dat jy as tuisgroepleier een keer per maand die tuisgroepleierssessie wat na die oggenddiens aangebied word, bywoon. Datums vir hierdie sessies is beskikbaar op die Jaarprogram. Toepaslike materiaal word by die sessies aan tuisgroepleiers beskikbaar gestel.
Enige iemand wat graag ’n tuisgroepleier wil wees, kontak vir Esta Louw by 0847244527 of per e-pos: estalouw@absamail.co.za
|