|
’n Tuisgroep kan op twee maniere ontstaan:
1. Jy is dalk geseënd met vriende. Julle ondersteun mekaar alreeds. Verdiep hierdie vriendskap deur jou vriende te nooi om een keer per week op ’n geestelikevlak bymekaar te kom met die doel om die Here en sy Woord, en mekaar, beter te leer ken en mekaar te ondersteun. Bespreek die moontlikheid met jou vriende en besluit wie bereid sal wees om die tuisgroepleier te wees. Laat die bereidwillige dan vir Esta Louw kontak by 0847244527 of per e-pos: estalouw@absamail.co.za
2. Van tyd tot tyd vind daar vrystelling van nuwe tuisgroepleiers (van lede uit tuisgroepe) plaas of daar is lidmate wat tuisgroepleiers wil wees, maar geen lede het nie. Dan is daar weer persone wat wil inskakel by ’n tuisgroep, maar nog nie lid is van ’n groep nie. In hierdie gevalle word tuisgroepleiers en lede dan toegedeel en ontstaan ’n nuwe tuisgroep.
|