|
Die visie van die Tienerbediening is om die liefde van God, die passie van Jesus Christus en die closeness van Sy Gees op ’n kreatiewe manier met ons tieners te deel sodat hulle op hulle unieke wyse ’n verskil kan maak in hul leef-wêreld.
Die rtjeugdiens wat fokus op ons tieners begin om 18:00 in die kerk. Die Praise and Worship word begelei deur ons eie tiener band.
Tydens die diens word kontemporêre temas op kreatiewe wyse aangebied, wat ons tieners se lewens daadwerklik raak. Dissipelskapgroepe funksioneer onder leiding van jeugleiers tydens die diens.
Daar is nie rtjeugdienste in die skoolvakansies en oor langnaweke nie.
Berading is beskikbaar om tieners met “issues” te help.
|