Senior Bybelstudie

Die Senior Burgers in Doornpoort is eintlik een groot familie wat gereeld saam kuier en saam eet en vir mekaar omgee, maar ook saam Bybelstudie hou. Op Woensdae kom hulle van 09h30 af bymekaar om saam koffie en tee te drink en dan van 10h00 hou hulle saam Bybelstudie in die saal.
 
Die Bybelstudie word deur een van die leraars aangebied. Gewoonlik word daar op een boek van die Bybel op ‘n slag gefokus en word hy behoorlik deurgewerk. Daar word saam gelees en gesels om beter te kan verstaan en ons kennis van die Bybel te verdiep.
 
Kom sluit aan en kom lees en kuier saam!  Hoop om jou daar te sien!