|
Om relasioneel te leef
Leef Anders neem as vertrekpunt Jesus se samevatting van God se wil vir gelowiges naamlik dat hulle die Here met hulle hele hart, siel, krag en verstand moet dien en hulle naaste soos hulleself moet liefhê (Luk 10:27). Dié kernuitspraak van Jesus maak dit duidelik dat gelowiges geskape is om relasioneel te leef deurdat hulle in 'n verhouding met die Here, hulleself, hul omgewing en ander staan.
|