|
In 2011 gaan ons as gemeente spesifiek fokus op die vraag hoe ons in die alledaagse lewe ons geloof deur ons woorde en dade kan uitleef sodat ons vir ander tot seën kan wees. Die gedagte is dat ons daarna sal streef om geloofsfiks te raak. Geloofsfiks in ons omgang met die Bybel, ons gebedslewe en die doen van dade wat God se naam verheerlik.
Om geloofsfiks te raak gaan ons as medegelowiges as 't ware mekaar se afrigters in die wedloop van die geloof word. Prakties beteken dit dat ons mekaar sal aanspoor om te volhard in die geloof, asook om mekaar met raad te bedien oor hoe ons ons geloof prakties kan uitleef. As kerkraad en leraarspan het ons ’n besondere verwagting van wat die Here in 2011 in en deur ons as gemeente gaan doen. Mag alles tot verheerliking van Sy naam wees.
|