|
Die Musiekdirekteur is verantwoordelik vir die werf en oplei van nuwe lede vir die Orkes en die Jeugleraar vir die Tiener-band. Dit sal gedoen word deur in die gemeenteblad te adverteer, asook deur afkondigings tydens die erediens. Oudisies sal, indien nodig, gehou word. Belangstellendes moet oor basiese vaardighede op ’n instrument beskik, maar moet ook ’n passie vir lofprysing hê. Indien kandidate geskik bevind word, sal hulle oor ’n tydperk in die Orkes of Tiener-band ingelyf word. Genoemde tydperk sal so lank duur as wat dit neem om die materiaal te bemeester en binne orkesverband te kan speel.
Oefentye Die Orkes oefen Donderdagaande van 19:00 tot 20:30 asook Sondae vanaf 07:30 tot 08:30. Die Tiener-band oefen Woensdagaande van 17:00 tot 18:30 asook Sondae vanaf 16:30 tot 17:30.
Kontakbesonderhede Vir die Orkes: Anneke Glas 083 482 2750 Vir die Tiener-band: Ds. Cornel Viljoen 071 880 1483
|