|
Die kulturele argitektuur van die gemeente is dié van 'n kontemporêre post-moderne gemeenskap. Die gemeente streef om die kulturele kloof wat mense kan verhinder om die tydlose Evangelie te hoor so klein as moontlik te hou. Soos sendelinge na 'n gemeenskap met 'n vreemde kultuur poog die gemeente om die Evangelie van Jesus op 'n eenvoudige, vreugdevolle en verstaanbare wyse aan almal te verkondig. Die gemeente probeer nie om eers vir mense 'n ou kultuur aan te leer van orrelmusiek, kerkdrag en gedateerde taal, voordat hulle die Evangelie kan verstaan nie, maar benut eerder kontemporêre musiek en instrumente, taal en simbole, tegnologie en gebruike om die Evangelie mee te verkondig.
In dié verband is die aard en karakter van die gemeente se eredienste van deurslaggewende belang. Eredienste kan naamlik as EPIC beskryf word na aanleiding van Leonard Sweet se verstaan van Christelike kommunikasie in die post-moderne era.
• Experiential – Gelowiges wil nie net 'n preek oor God hoor nie, maar sy teenwoordigheid beleef.
• Participatory – Erediensgangers wil nie net toeskouers wees nie, maar eerder deelnemers.
• Image driven – Die mees effektiewe wyse van kommunikasie vind plaas deur die skep van nuwe visuele maar ook metaforiese beelde of stories wat mense aangryp.
|