|
'n Belangrike aspek van Doornpoortgemeente se identiteit om in ag te neem is die effek van die groei in die gemeente se lidmaattal daarop. Soos wat gemeentes groter word verander hulle karakter en identiteit noodgedwonge. Dit is doodgewoon onmoontlik om die karakter van 'n klein gemeente, waarin almal mekaar ken, te dupliseer in 'n gemeente met meer as 'n 1000 lidmate. Praktiese teoloë soos Alice Mann maak in die verband ‘n onderskeid tussen sogenaamde familiekerke (50 lidmate - in die Suid-Afrikaanse konteks dui die getalle op erediensbywoning en nie net op die aantal lidmate nie), pastor kerke (50-150 lidmate), program kerke (150-350 lidmate) en korporatiewe kerke (350+ lidmate) ten einde die verskillende in hulle identiteit en karakter te verduidelik.
|