|
Gr 1-3 Die kinderkerk vir die gr 1-3's bestaan uit ‘n grootgroep en kleingroep-byeenkoms en word volledig as 'n erediens aangebied met ‘n pretaktiwiteit en doenaktiwiteit as deel van elke byeenkoms. Die gr 1 tot 3's vergader in die tweede groot lokaal op die tweede vloer van die saalkompleks.
Gesinsdienste Tydens elke Doop en Nagmaalsdiens is daar geen kinderkerk nie, maar wel 'n gemeenskaplike oggenddiens vir almal – groot en klein – in die kerk.
Uitreik en dissipelskap As deel van die program vir die kinderbediening is daar drie uitreikgeleenthede in die jaar waar die kinders vrywillig aan deelneem om blootgestel te word aan diens in die gemeenskap. Die erediensprogram fokus ook vanjaar op dissipelskap.
|