Hier is bietjie meer inligting oor hoe ons Jeugbediening in Doornpoort aanpak. Kontak ons gerus as jy vrae het of as jy passievol voel hieroor en graag by die bediening wil betrokke raak. Jy kan die kantoor bel (012 547 1456) of direk met ons Predikant gesels op Whatsapp: Meiring de Wet -076 421 7910 (Hy is ‘n millenial as jy gewonder het).
 
Junior Jeug Ons Junior Jeug kom op Sondae oggende (9:00) tydens die erediens bymekaar vir Kinderkerk. Daar is drie groepe nl. Voorskoolse Kinders, Graad 1 to 3’s en Graad 4 tot 6’e. By Doornpoort gemeente wil ons graag hê dat ouers sal besef dat hulle nog steeds die grootste impak op hulle kinders se lewens het en dat hulle ook verantwoordelikheid sal vat vir hulle kinders se geloofsvorming. Die doel van hierdie byeenkomste is egter nie om kinders besig te hou nie, maar om ’n veilige ruimte te skep vir elke kind om God te aanbid, saam te speel en saam te leer wat dit beteken om Jesus te volg en te leef as ’n kind van God deur die krag van die Heilige Gees.
Kinders is in alle opsigte deel van die gemeente en ons herinner die groter gemeente gereeld hiervan, deur hulle deel te maak van elke nagmaal en doop geleentheid, asook gereelde gesinsdienste wat gefokus is op die junior jeug.

Wees gerus dat elke kind verwelkom word met Jesus se liefde en as jy ’n passie het om Jesus met laerskool kinders te deel is jy welkom om deel te word van ons bedieningspan.

Senior Jeug Ons tienerbediening staan bekend as “Simple church” en ons kuier Sondae aande 18:00 saam tydens die skoolkwartale. Alhoewel dit gefokus is op tieners is, is enige iemand natuurlik welkom. Ons het ‘n eenvoudige visie: “helping teens follow Jesus”. Ons strategie om hierdie visie te bereik het drie Bybelse beginsels, naamlik: Worship, Fellowship, Discipleship.
 
Worship Die lof en aanbidding word met passie en oorgawe gedoen deur ons musiekbediengspan om ’n ruimte te skep waar jong mense God kan ontmoet en ervaar deur ‘praise en worship’. Elke kwartaal sluit ons ook af met ’n lofprysingsaand.
 
Fellowship By “Simple church” hou ons van saam kuier as ’n familie. Of dit nou voor die tyd is met ’n glasie Oros of koppie koffie; na die tyd is op die Volleyball baan; of selfs tydens die erediens waar ons saam gesels oor wat dit beteken om Jesus te volg. Die doel van dit alles is vir jong mense om te ervaar dat hierdie ’n veilige plek is waar hulle altyd welkom is.
 
Discipleship Dit is onmoontlik om Jesus te volg sonder om tyd in die Woord te spandeer. Daarom spandeer ons elke Sondag vanaf 17:00  tyd in ons kleingroepe om saam in die Woord te ontdek wie God is en hoe ons in verhouding met Hom kan leef. Hierdie kleingroepe is van graad 7 to graad 11, waarvan die graad 11 die Belydenis groep is. Die jong volwassene groep kuier gewoonlik na afloop van die diens saam by KFC of Mcdonald’s. Simple church streef om ’n veilige plek te wees waar alle mense welkom is om God te aanbid, lekker saam te kuier en saam Jesus te volg en ’n verskil te maak in ons samelewing. Besoek gerus ons Facebook en Instagram page by @simplechurchpta. Ek is nog opsoek na leiers, so as jy ’n passie het vir tieners en dissipelskap, kontak my gerus op Whatsapp – 076 421 7910