|
Implikasies vir die korporatiewe kerk
1. Die erediens moet hanteer word as die hoogtepunt van die week. Die gemeente se aktiwiteite van die week moet daarom voortvloei uit eredienste wat van die hoogste standaard denkbaar is.
2. Die tradisionele groot kerkraad word vervang deur 'n verkleinde gemeenteraad. Die gemeenteraad moet ook 'n dagbestuur kry wat die dag tot dag sake van die gemeente hanteer.
3. In korporatiewe gemeentes is daar meestal 'n leierleraar wat rigtinggewend en visiebepalend optree. Die ander leraars spesialiseer op hulle beurt in duidelik afgebakende bedieninge.
4. Die lidmate in 'n korporatiewe gemeente moet besef dat elkeen sy/haar eie bediening het en daarvoor verantwoordelikheid moet aanvaar. Dit moet geskied deur hulle tyd, gawes en geld wat hulle gee. 'n Verbintenis van lidmate is dus van uiterste belang.
5. Die impak van gemeentes se groei op hulle identiteit is een van die hoof redes waarom lidmate gemeentes verlaat. Lidmate wat 'n gemeente bv. as 'n familiegrootegemeente "ontdek" het, pas dikwels moeilik aan in 'n gemeente waarin hulle nie meer die leraar persoonlik ken of direk toegang tot hom of haar het nie.
|