|
Die SKR bestaan uit: die Leierouderling (Voorsitter), Leierdiaken, Kommissievoorsitters, Gemeenteverteenwoordigers, al die Leraars en die Saakgelastigde. Die SKR rig en koördineer die bedieninge van die gemeente in gehoorsaamheid aan die Here. Die SKR vergader een maal per kwartaal soos aangedui op die kalender.
Die UKR bestaan uit: alle lede van die SKR en die Communitas Kerkraad. Die UKR vergader een maal per kwartaal soos aangedui op die kalender.
Die Communitas Kerkraad: is alle diakens en ouderlinge, behalwe dié wat spesifiek verkies is tot die SKR. Die Communitas Kerkraad vergader een maal per kwartaal soos aangedui op die kalender. Vir meer inligting oor die Communitas Kerkraad sien “Bedieninge - Communitas Kerkraad”.
|