|
Die derde praktyk was die bereidwilligheid van die gemeente om risiko's te neem as 'n kontrasgemeenskap ter wille van die evangelie. Die gemeente verstaan haarself as anders as die wêreld, as gevolg van haar deelname in die lewe, sterwe en opstanding van haar Here. Dit skep vrae, dikwels bedreigende vrae, oor die kerk se kulturele gevangenskap, en dit worstel met die etiese en strukturele implikasies van haar gestuurde roeping. "Hulle is die ongelowiges wie se verstand deur die god van hierdie wêreld verblind is . . . In alles word ons verdruk . . . maar nie vernietig nie." (2 Kor. 4:3-4, 8-9.)
|