Kopiereg © NG Gemeente Doornpoort 2007Kontak Ons: (012) 547 1456 skriba-ngd@lantic.netWebmeester
Tuisgroepe
Versorging
Jeug
Uitreik
Toerusting
Tuis
Eredienste
gevoeddeurGod segenade
Kyk, Ek gaan iets nuuts doen, ditstaan op die punt om te gebeur. Jes 43:19
- Musiekbediening
- Gebedsbediening
- Seniors
- Verhoudingsbediening
- Communitas
Admin
Identiteit
Ander Bedieninge
’n Nuwe tuiste vir al God se kinders
Labirint
Die Labirint by die gemeente kan as ’n gebedsoefening gebruik word om in te gaan in die Labirint en met God te praat, om te vra en te pleit vir Sy teenwoordigheid en seën. Wanneer jy die kern bereik het gaan sit plat op die gruisklippe. Raak stil en luister. ’n Inligtingstuk oor hoe om die Labirint te gebruik is by die inligtingstafel in die teetuin beskikbaar.
Kapel en Gebedskamer
Reël gerus met die Koster indien jy die lokaal vir ’n saambid geleentheid wil gebruik. Die lokaal kan ook gehuur word – kontak die Koster in die verband.
Die Gebedsbediening organiseer die gemeente se gebedsgeleenthede.
1. Sonder jouself af... sorg dat jou foon en niemand anders jou sal pla nie.
2. Moenie haastig wees nie – ons praat nie hier in-die-verbygang met God nie.
3. Raak eers rustig – deur baie diep asem te haal en stadig uit te blaas.
4. Fokus op wat jy binne in jou voel, dit help as jy dit neerskryf.
5. Raak bewus van die Here se lewende teenwoordigheid.
6. Sê vir Hom jy wil graag nou regtig net vir Hom ervaar.(Soms voel dit of ’n mens nie regtig kan afskakel nie. Onthou, dis ook ’n proses om dit aan te leer, maar JY MOET JOUSELF GEE VIR DIE OOMBLIK. Wees m.a.w. beskikbaar.)
7. Onthou, gebed is meer om na God te luister, as wat Hy na ons moet luister.
8. Lees ’n Psalm – verkieslik korter as langer.
9. Dink na
10. Praat met God
11. Ontvang sy vrede
Dit gaan baie sleg met baie mense in ons midde – van siekte, tot verhoudings en finansies. Die Here roep ons in sy Woord om sy Naam aan te roep en genesing te ontvang.
Dit is werklik lewensnoodsaaklik dat ons as gemeente sy aangesig soek. Gee gebedsversoeke deur: klik hier
Waag dit verder met jou rus in die teenwoordigheid van die Here
Dit gebeur met ons dat ons soms voel ons sit met net ’n versoeklys by die Here, soms raak ons self verveeld met al die versoeke. Waag dit verder met jou rus in die teenwoordigheid van die Here. Dit is vir ons gegee om die Here te ervaar wanneer ons op Hom fokus.