So sê ons dankie…

Om vir die Here dankie te sê is so deel van wie ons as Kinders van die Here is.  Ons doen dit met alles wat ons is en op verskillende maniere.  Een so manier is ook om ons dankoffer in Rand en Sent te gee – dit is soveel meer as om net “kerkgeld/kollekte” te gee.  Dit vra opoffering, ‘n Dankie-sê-Offer. 
 
Dit gaan oor dankie sê vir wat ons het.  Oor om ons afhanklikheid van die Here te mbely. On daardeur te sê en te onthou en te leef dat ons weet dat ALLES wat ons het kom van God af – dit is ‘n gawe uit sy Hand.
 
Dit gaan ook daaroor om te help bou aan sy Koninkryk, oral maar ook veral hier in Doornpoort waar die Here ons geroep het om sy gemeente te wees.  Dat ons wil hê dat die bediening van sy Woord op elke moontlike manier moet voortgaan en groei en floreer.
 
As dit ook jou belydenis is, en jy deel vorm van hierdie gemeente, of saam met ons opgewonde is oor dit wat hier aan die gang is of sommer net graag die bediening en verkondiging in Doornpoort wil ondersteun wil ons jou uitnooi om dit op een van die volgende maniere te doen:
 
  • ‘n Maandelikse debietorder. Jy kan die debietordervorm hier aflaai en invul en terugstuur na skriba-ngd@lantic.net of faks na 012 547 2086.
  • Elektroniese- of Bankdeposito na NG Gemeente Doornpoort, ABSA Tjekrekening NR: 060162255, Takkode: 632005
  • ‘n Koevertjie met jou bydra in die kollektesakkie gooi by een van die eredienste op Sondae.

 

Baie dankie vir jou ondersteuning.  Elke bydra maak ‘n verskil. Nie ter wille van onsself nie, maar tot die uitbou van Sy Koninkryk!