|
Die Communitas Kerkraad is verantwoordelik vir die dienslewering tydens eredienste en die gemeente se gasvryheidsbediening.
Dit is hierdie bediening se visie om nuwe intrekkers en besoekers met hartlikheid en gasvryheid te verwelkom. Hulle neem ook die inisiatief met die reël van geleenthede waar nuwe lidmate bekendgestel word aan die aktiwiteite en personeel van die gemeente.
Indien u bewus is van nuwe intrekkers; of mense wat nie by ‘n gemeente ingeskakel is nie; gee dit asseblief deur aan die kerkkantoor.
|