Simple Church – Sondae @18h00

Ons aanddienste is die plek waar ons jongmense saam kom om te Worship, te leer van die Woord en saam in geloof te groei. Die styl is gemaklik en informeel en propvol energie.  Dit word bygewoon deur oud en jonk en alles tussenin.  Kom soos jy is en kom kuier, sing en luister saam. Of speel saam volleyball na die diens!

By ons Jeugdienste worship ons ook voluit met ons span passievolle en talentvolle jongmense wat die worship begelei met kitare, keys en dromme. Ons doen dit nie om dit lekker en entertaining te maak nie, maar omdat ons nie anders KAN nie! Ons kan nie stilbly of terughou of maar net deur die motions gaan nie, want Jesus is die Koning en Hy het vir ons ALLES gegee en daarom moet ons vir Hom ALLES gee!
 

Die preek by die Simple Church dien as die “les” waarna die jongmense in hulle verskillende kleingroepe verdeel. Dit gaan hier nie net oor ‘n klompie tematjies nie, maar oor die Woord van die Here en hoe dit ons lewens vorm, ons besluite en keuses beïnvloed en ons daaglikse lewens lei.

 
Hier in die groepe word daar verhoudings gebou en mekaar leer ken.  ‘n Plek waar Kerkwees prakties kan word. Die gedagte is dat mense van die vrymoedigheid te kan hê (en om daardie ruimte te skep!) om te kan gesels oor dit wat hulle uit die Bybel hoor, om verder te dink en nie bang te wees om oor hulle geloof te praat nie.
 
Die Gr. 7 tot 10’s kom in hulle graadgroepe, in kleiner groepies saam met hulle Jeugwerkers bymekaar terwyl die Graad 11’s in hulle belydenisjaar apart bymekaar kom. Vir meer inligting oor die Belydenisklas besoek gerus ons bladsy daaroor op ons webwerf.